voortrekkers Zuid-Afrika

Marjo van 't Wel - 07-06-2017


Dichter(es): weet ik niet

Tijdens onze reis door Z.A. droeg de gids tijdens een hele lange busrit een prachtig gedicht voor over een moeder die tijdens de Grote Trek (Voortrekkers) stierf en zo haar kleine kinderen achterliet. Ook droeg hij een prachtig gedicht over Dani Theron voor die sneuvelde en pas veel later door zijn kameraden werd gevonden en begraven. Ik weet absoluut niet hoe de beide gedichten heten en ook de schrijvers zijn mij onbekend. Ik zou heel erg graag de teksten van beide gedichten willen hebben omdat zij diepe indruk op mij hebben gemaakt. Ik ben heel erg benieuwd of er mensen zijn die de gedichten kennen.









3 reacties

  1. Wat een mooi gedicht!

  2. Marjo van ’t Wel

    Goedemorgen,
    Geweldig bedankt, deze gedichten bedoelde ik! Er moet nog een gedicht zijn (wat onze gids voordroeg) waarin wordt verhaald over de dood van Dani Theron en hoe zijn kameraden hem een dag later vonden en hem konden begraven. Kent u dit of kan ik het nu verder zelf opzoeken in die Versamelde gedigte(1981)– A.G. Visser wat ik nu net op internet heb opgezocht?
    Met vriendelijke groet,

  3. Arnold Poortinga

    Danie Theron wordt in het volgende gedicht genoemd. Is dit het?
    Die jongste burger – A.G. Visser (1878-1929)

    1. Die kamp
    In die kamp van die vroue heers stilte en donker,
    Die ellende genadig bedek deur die nag.
    Hier en daar in ’n tent nog ’n flou liggeflonker,
    Waar die Engel van Meely – die Doodsengel – wag.

    In die plaas van verdriet en van loodsware harte
    Lê ’n knapie te snik in ’n troost’loos geween.
    O wie tel al die trane, wie meet al die smarte
    Van ’n weeskind verlate, op die wêreld alleen!

    Want sy vader was vroeg in die stryd al gesneuwel.
    Na die kamp toe moes moeder toe die huis was verbrand.
    Sy en Sussie lê daar aan die voet van die heuwel;
    ‘Wees getrou,’ het sy sterwend gesê, ‘aan jou land!’

    Maar meteens word hy stil, hou sy asem en luister:
    Uit die verte verneem hy ’n dowwe gedruis,
    ‘Dit is waens en perde wat trek in die duister,
    Soos die Boerekommando die aand by die huis.’

    En ’n vurig’ verlange laat ril al sy lede
    By die denkbeeld: daar trek van ons mense verby,
    En hy kruip by die skildwag verby – net ’n skrede –
    Deur die doringdraadheining… Goddank hy is vry.

    Nie die grynsende nag, nog die skoot van die skildwag,
    Nie die snerpende kou laat hom huiwer… hy’s weg…
    Half verkluim, by De Wet bring hom een van die brandwag:
    ‘Generaal, hier’s ’n burger wat ook kom help veg!’

    2. Die laer
    Bleek word die held van ’n honderd gevegte;
    Duister die anders so heldere oog.
    ‘Moet ook ons kinders nog sterf vir ons regte?
    Vaderlandsliefde, u eise is hoog!

    Vryheid verg hier vanuit onse geleed’re
    Manne van moed wat gevare uittart.
    Maar in die kamp ook die moeder, die teed’re,
    En die onskuldige kind aan haar hart.

    Wie by ons aansluit het net een verwagting:
    Daagliks die dood in die oë te kyk.
    Honger en dors te verduur met veragting;
    Nimmer die eindpaal of doel te bereik.

    Berg oor waar nooit nog ’n hoefslag-gedonder,
    Stroom deur waar woes rol die bruisende vliet,
    Krans af waar swart gaap die afgrond daar onder;
    Blokhuis en haakdraad ’n pad deur te skiet.

    Vlug as die springbok die vyand ontwykend,
    Blitssnel hom later te spring in die sy;
    Nou soos die aad’laar sy planne afkykend,
    Dan soos die leeu van hom buit weer te kry.

    En die beloning? …Miskien op die velde
    Eensaam ’n rusplaas, benat deur geen traan.
    Eenmaal, wie weet? eer die nakroos ons helde…
    Seun, sien jy kans?’ ‘Generaal, ek sluit aan!’

    3. Die Slag
    Soos sprinkaneswerms kom vanuit alle oorde
    Die vyand, toe die oggend die laer bestraal –
    Van Môre en Awend, van Suide en Noorde!
    By De Wet net ’n handvol, maar manne van staal.

    Verniet al hul voetvolk en ruiters en bomme!
    Niks baat ook die drie maal verdubbeld’ kordon;
    Hy breek soos ’n warrelwind deur die kolomme
    Met agthonderd burgers en Danie Theron.

    Die stofdamp verdwyn en die krygsrumoer swyg weer,
    En sag daal die nag oor die bloedige veld,
    Waar buld’rende moordtuig en mouser nie dreig meer –
    Sieltogend lê menige strydros en held.

    Tesaam vriend en vyand. Die Rooikruis kry later
    ’n Arme klein seun met ’n koeël deur die bors:
    ‘Ag, Omie, bring gou tog vir my bietjie water;
    Die pyn kan ek uithou, maar o, nie die dors!’

    Gelaaf word sy lippe, verbind al sy wonde,
    Maar ru was die storm en die stingel gekraak.
    Diensvaardige Meelyde daar aan sy sponde
    Kon sien elke uur, hoe die Skadu genaak.

    In brandende koors yl hy: ‘Daar kom van verre
    ’n Grote kommando… hul roep my op my naam.
    Kyk, al die wit perde … daar naby die sterre …
    O daar is my vader… ‘k gaan saam, ek gaan saam!’

    Die oë word flouer en slapper die hande;
    ’n Glimlag verstyf op die koue gesig –
    So sag as die aandson daar ver op die rande
    Nog rus, met ’n soengroet van liefde en lig!

We gebruiken cookies om er zeker van te zijn dat u onze website zo goed mogelijk beleeft. Als u deze website blijft gebruiken gaan we ervan uit dat u dat goed vindt. Meer informatie

Wij gebruiken cookies om ervoor te zorgen dat onze website voor de bezoeker beter werkt. Daarnaast gebruiken wij o.a. cookies voor onze webstatistieken.

Sluiten